
=====================================================================
'Ek s ja' (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Ek s ja'

deurAnoeschka von Meck   WIT met 'n streep deur. Ek sien die lyn en volg dit met my oog. Iets daaraan trek my. Moontlik omdat ek weet dat 
ek binnekort afhanklik van daardie kronkel gaan wees. 'n Pad. Die enigste pad deur die klowe na die plato-hoogland.

Die spoor verskyn die eerste maal in my gesigsveld waar dit buite 'n ongerepte, toeriste-vry dennewoud in die gelykerige laagtetjie 
inbeweeg, om deur die sneeuveld 'n konneksie te maak tot by die volgende ruigte groenigheid.

Ek sit en droomkyk asof ek getoor is. Ken mos nog nie van die wit patroontjies wat so drentelend aarde toe sweef nie. Meelren wat bome van 
die vorige dag in reuse- stokkiesroomyse verander. Onder die grootstes is die grond nog sigbaar. Dit sneeu al die hele nag lank, maar 
sonder wind. My eentawwevrou-tent staan skeef reg langs die stam, soos 'n kleurvolle swam wat bietjie na 'n plastiek-kapel vir 
winterspringhase lyk. Ek moet opstaan en uitklim, maar ek wil nie. Soms maak ek my ore so 'n paar oomblikke oop deur my slaapsak van my kop 
af te lig en my klapmus op te skuif. Ek wil hoor hoe klink die pad.

Die stilte is een van druppelgeluide. Orals tap 'n watertjie. Party vries net daar waar dit van die dennenaald wou afgly, wat die bome laat 
lyk of hulle juwele aanhet. As ek op my rug draai en opkyk deur die takke van my boom, is daar reeds swaar stapels sneeu op sy takke wat 
binnekort 'n totale dak gaan vorm.

Dit is die land van die sneeutiermense. Bhoetan, wat verbete sy onafhanklikheid van China en Indi behou.Toe ek die monnike by die 
kransklooster vra of hulle 'n gelofte afgel het om nie te praat nie, het hulle glimlaggend kopgeskud. Die hoofmonnik het my op, verby die 
binneplein waar die trekdiere rustig met voersakke staan en kou, gelei tot bo by 'n klein balkonnetjie. Die uitsig van bergspitse, 
kliphoogtes en 'n mensetrein met langhaarponies wat stadig in die vallei in af verdwyn, was die tipe toneel wat mens die onkeerbare 
agteruitgang van jou vlees gelate laat aanvaar het. Hier het die daaglikse uitsig mens nederig voor die Skepper gedwing, maak nie saak wie 
jy was, of hoeveel opinies jy vroer oor die saak gehad het nie.

"Praat net as jy op God se stilte kan verbeter."

Die monnik het nie gewag om te sien of ek sy antwoord in gebroke Engels ingeneem het nie. Hy het weggedraai en met 'n ander stel nou 
treetjies af weggesink, terwyl ek probeer onthou het presies hoe die borduring van sy klokkekeps gelyk het. Die oranjegeklede toegewydes 
met hul identies geskeerde koppe en plat suiglekker-gesigte het my partymaal deurmekaar gehad om die een van die ander te onderskei. Dus 
het ek hulle musse gebruik om my met die uitkenning van individue te help.

Sy woorde het impak gehad. Hier waar die wreld skoon is en die gedagtes onbesoedeld, praat die mense sterk woorde. Ek sit onder my boom 
terwyl die wit orals om my afsak. As ek te lank wag, sal die paadjie wegraak in die magiese strooisuiker. Ou woorde stoot in my keel op 
soos nagasem. Woorde van die verlede. Verminkende, selfsugtig gemotiveerde, hartkerf-woorde, wat ek sonder denke of keer in die perfekte 
stilte van die Vader se liefde na ander mense gemik het. Om spandabelrig met jou woorde te wees, is nie noodwendig vrygewigheid nie. Dis 
net mors.

Ek moet my handskoene uittrek om my tent te kan oppak. Vingerpunte gloeipyn en steek. My tre kraak hard in die ysige grond, terwyl 
vlokkies wat op my wimpers saampak, dit moeiliker maak om die spore van die vorige reisigers te volg. Woorde maak ook paaie. Paaie wat 
probeer wegvlug van pyn en teleurstellings, paaie wat lei tot by opgeligte toiletdeksels en waarop verwondes agtergelaat word. Woorde wat 
gate in ander gevreet het, wat mense se liefde vir my toegesneeu en platgedruk het. Elke woord wat ons ooit uiter is 'n tree dikant of 
daardie kant toe. Jy kies jou pad met jou mond.

Soos ek hor teen die bergpas uitworstel, kyk ek kort-kort terug na waar my huisie onder die koningsdenneboom was. My boom begin al hoe 
meer soos die ander honderd bome lyk. Wat is die sterkste woord?

Ja.

Ja, Vader.

Vir gehoorsaamheid. Vir woordpaaie wat warm hou, troos, koppie koffie aangee, verbind, lig wys, optel, laat lag, rustig maak, dra en 
helende liefde spreek. Kragpaaie. Woorde van lewe en nie dood nie. Anoeschka von Meck se onkonvensionele debuutroman Annerkant die Longdrop 
het groot lof van resensente uitgelok.   Andr P. Brink, wat Annerkant die Longdrop in De Kat/Sanlam se groot romanwedstryd beoordeel het 
en met wie se Duiwelskloof Von Meck meegeding het in die M-Net romanwedstryd, s: "'n Donnerse mooi boek." Elretha Britz skryf oor 
Anoeschka in Die Volksblad: "Sy lag maklik. Praat Engels en Afrikaans deurmekaar. Vloek in Duits -- Skryf soos sy praat -- Haar 'hobby' is: 
godsdiens." Self het Von Meck in 'n onderhoud oor die Wes-Kaap se Fine Music Radio vir Hannes Horn ges: "Ek soek nog 'n storielyn vir die 
boek toe is dit al gepubliseer."

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6222.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

